Platinum Musiek

Ons Missie:    

  • Om studente in staat te stel om van hulle passie 'n loopbaan in die musiekbedryf te bou.
  • Om studente te help met hulle visie en doelwitte in die lewe.
  • Dat alle klasse op hoë standaarde gehandhaaf word.
  • Om die maksimum potensiaal uit die student te kry sodat hulle hul doelwitte kan bereik.
  • Om  vertroue en verhoudings te bou saam die studente, ouers en vriende.
  • Om te werk op 'n etiese manier en om te verseker van profesionele dienste dwarsdeur die jaar asook in die klasse. 

 

 

Wat Behels Ons Klasse:   

  • Leiding met liedjie keuses en die aankoop van “backtracks”. Liedjies moet by hulle ouderdomme en stemme pas!
  • Fasilitering van stem ontwikkeling en tegnieke. bv intonasie, stem projeksie, vertolking ens.
  • Hulp met verhoogs gebruik en beweging asook mikrofoon tegniek.
  • Leiding met uitrustings en voorkoms
  • Hulp met die kombinering van sang en beweging.
  • Blootstelling aan plaaslike, nasionale en internasionale sang kompetisies.
  • Musiek Teorie UNISA (Lees en verstaan van musiek) 
  • Deelname aan ‘n professionele eindjaar funksie

Wat Leer Musiek Jou?

  • Selfdissipline
  • Selfvertoue
  • Selfrespek en verander
  • Hantering van Stres
  • Koördineering
  • Dinkvaardigheid
  • Luitervaardigheid
  • Bekwaamheid
  • Verbetering in Leesvermoë
  • Ondek Jouself (wie jy is)
  • Verhoudingsbou Tussen Student en Onderwyser
  •  Vertroue Tussen Student en Onderwyser
  • Breinontwikkeling (Wiskunde en Natuur-en Skeikunde)

Getuigskrifte

Kobus Prinsloo - Ouer van Miquette Prinsloo wat al 4 jaar 'n pad saam Platinum Musiek Akademie stap.

Kort en kragtig.... Platinum musiek akademie is 'n platform wat enige mens se musiek en sang droom sal verwesenlik. Dankie Bianca dat jy ons kinders se drome soos jou eie koester en hulle met harde werk en pret lei na groot sukses

Lelet Schoeman - Ouer van Jahalet Schoeman tans 'n jaar by Platinum Musiek Akademie.

Sjoe hoerdie is die wonderlikste musiekskool suid van die Sahara....Ons kind se wonderlike talent word hier elke jaar net meer en meer ontwikkel... danksy aan Bianca haar afrigter wat haar help en afrig om net die beste te gee...nie net haar stem het gegroei nie maar haar selfvertroue en selfbeeld het ook baie gegroei. Ek sal vir enige iemand aanbeveel kom sluit aan en sien vinnig n groot verskil.

Lizle Olwagen Ouer van Lanemie & Suray Olwagen. Lanemie is tans 5 jaar betrokke en sussie Suray 1 jaar.

Hier word my kind se talent ontwikkel! Elke jaar wat ons terug kyk kan ons nie glo hoeveel sy gegroei het nie, en sonder Platinum musiek en die afrigting wat Bianca Pienaar bied sou ons suksesse nie moontlik gewees het nie! Fantasties v enige kind met n droom en n passie v musiek!



Cindy Pienaar - Ouer van Chereece Pienaar tans betrokke by Platinum Musiek vir 1 jaar.

Ons is ongelooflik tevrede en "In Awe" deur jul harde werk en moeite wat jul by ons leerders insit. "The Proof is in the Pudding". 

Ons dogter het soveel bereik en vermag in so kort tydjie. Julle is sowaar die beste musiek akademie ooit!!

Savannah Schutte - Student 11 jaar betrokke by  Platinum Musiek Akademie. 

  • A Mentor is someone who allows you to see the hope inside yourself.
  • A Mentor is someone who allows you to know, that no matter how dark the night,in the morning joy will come. 
  • A Mentor is someone who allows you to see the higher part of yourself when sometimes it becomes hidden to your own view.

Thanks for being my Mentor and Vocal coach for the past 8 years.

I love you @Bianca Pienaar 

Linzia Prinsloo - Ouer van Miquette Prinsloo tans betrokke vir 5 jaar

Daar is n sinsnede....my woorde is min maar my dankbankbaarheid oorweldigend. Bianca se musiekskool het my skaam, introvert verander in n skaam, ekstrovert met drome. Die 70's Showcase was een van daardie geleenthede waar elkeen sy droom geleef het en die dekor, beligting, tema en atmosfeer was gelaai met nostalgie na die jare van my drome. Baie dankie vir n aand wat ek altyd sal onthou en ek vertrou elke persoon teenwoordig

Studente Produksies