Sang Werkswinkels & Meer


  • Bespreek Bianca as:
  • Sangeres; Gasspreker of MC vir jou funksie. 
  • Musiek en klanke wat diep spore in jou hart 'n merk sal los. 
  • Van ligte, klasiek, pop, rock en jazz musiek. 



Doen gereëld funksies saam ATKV.

Foto: Pluimpie Toekenings Namibia 2017

Direkteur van ATKV: Dedrei LeHanie






Sang Werkwinkels:

Musiek is die taal van ons emosies.  Dit open geheime van die lewe, bring  vrede en afskaffing van twis. 

Die sang werkswinkel is ‘n 5 fase program wat die kind gaan lei om die beste sanger / kunstenaar  te word wat hy/sy graag wil en kan wees.

Wanneer die kind/student by die Werkswinkel aansluit, sal hulle ander studente en leerders ontmoet wat dieselfde doelwitte het. In my profesionele hoedanigheid ondervind ek dat kinders/studente nie net van ons af leer nie, maar wel ook van mekaar.

  • Leer oor jou stem
  • Versorging
  • Stem Tegnieke
  • Asemhaling
  • Werking van die diafragma
  • Vertolking van ‘n lied
  • Dinamiek (versterk of versag van lied)
  • Diksie (wyse van uitspraak van woorde)
  •  Artikulasie (dudelike uitspraak)
  • Intonasie ( toon kwalitiet)
  • Hoe die musiek bedryf werk?
  • Waar staan die musiekbedryf tans in SA?
  • Hoe kan ek geld maak met my talent? (liedjieskrywer of sanger)
  • Handleiding en Stem oefeninge word voorsien aan elke kind/student